Sunday, November 11, 2012
GROOOT GRAP! AAN DIE KOM
Lizz Meiring (Mollie & Wors en talle ander), Frank Opperman (Rooikaart, Ouboet in Orkney Snork Nie ens), Hannes (Grotman) Muller, die alombekende en –beminde Mark Banks, Karen Wessels (Hester & Ester Bester, Groet die Grotvrou), Thys die Bosveldklong, Melt Sieberhagen (Proesstraat, Superhelde), Hannes (die dominee van Binneland) Brümmer, Shimmy Isaacs, Piet Potgieter (Vodacom Funny Festival), die gevierde kitaarduo CH2 en die musikale manewales van die groep STOK.
Dit is die lys van bekende komiese akteurs en komediante wat op 10 November 2012 by Carnival City se Big Top Arena bymekaarkom vir GROOOT GRAP!, die eerste aanbieding van sy soort in Afrikaans met komiese sketse, Afrikaanse stand-up, musiek en die belofte om die lagspiere oortyd te laat werk. Giep van Zyl (GZ Produksies) en Kosie Smit (Kosie House of Theatre) bring hierdie ongewone komedie extravaganza na die Carnival City Big Top Arena.
Grooot Grap! (ja, drie o’s want dis groter as groot) gaan ’n volle 120 minute sonder pouse duur en sluit van ons land se voorste komediante, musikante en skerpsketsers (stand up comedians) in. Johan Hendriksz (aanbieder van Skerp op kykNet) is die seremoniemeester.
Die mediavennote is kykNET en Rapport.
Hierdie is ’n geleentheid wat dié wat hou van lag nie durf misloop nie. Ook aan te beveel vir suurpruime om hul lewens te veraangenaam. Grooot Grap! is die gróóótste Afrikaanse komediegeleentheid nog in ons land. Daar is ‘n ouderdomsbeperking van 14 en ouerbegeleiding word aanbeveel. Aanvangstyd is 20:00. Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Bespreek vroegtydig want die aantal sitplekke is nie onbeperk nie!
Grooot Grap! se Facebookbladsy en Twitter is al aan die gons.
Facebook - www.facebook.com/GroootGrap
Twitter - @GroootGrap
Datum - 10 November 2012
Tyd - 20:00
Ouderdomsbeperking - Geen onder 14 jaar Taal. Ouerbegeleiding
Produkse lengte - 120 minute sonder pouse
Kaartjies - Computicket
Vir enige navrae - Giep van Zyl (PR)
083 268 2570 giep@artslink.co.za
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment