“DIE POGGENPOELS PRAAT” - Pieter-Dirk Uys presents Evita Bezuidenhout (born Evangelie Poggenpoel) and her mother Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel in a rousing tribute to our recent history.
It is 50 years since the apartheid Republic of South Africa was born. Today Tannie Evita tries to find the truth among all the spin, shock and awe, while her ma is furious that she wasted her life believing the lie that apartheid was a gift from God.
She is now over 100 and it's too late to sleep with the garden boy! Or is it too much to accept him to kiss that boer?
DIE POGGENPOELS PRAAT - is mainly in Afrikaans but also hilariously in some English.
Evita Bezuidenhout en haar ma vertel dit soos dit is by die Carnival City Casino
Daar is drie Poggenpoels in Pieter-Dirk Uys se lewe: Evita Bezuidenhout, gebore Evangelie Poggenpoel in 1935, haar suster Bambi Kellermann gebore Sarie ‘Baby’ Poggenpoel in 1938, en Ouma Ossewania Kakebenia Poggenpoel gebore tydens die Boere Oorlog en moeder van die twee legendes.
1961 het die geboorte van die Republiek van Suid-Afrika gesien op 31 Mei.2011 is vyftig jaar later en alles het verander. Of het dit? In DIE POGGENPOELS PRAAT bied Pieter-Dirk Uys twee aspekte van ons geskiedenis.
In TANNIE EVITA PRAAT KAKTUS neem die bekendste wit vrou in Suid-Afrika ons deur die offsieële geskiedenis van die Afrikaner soos dit agter ‘n lessenaar in Pretoria in 1949 geskep is deur een of ander politikus. Wat was waar? Waar kom ons vandaan? Watter lesse kan ons uit ons verlede leer? En alles nogal met humor!
‘Laat ons onthou waar ons vandaan kom, sodat ons die hede en toekoms kan vier!’ sê Tannie Evita. Die Kaktus van Afsonderlike Ontwikkeling is saam met haar op die verhoog en is skokkend ook deel van die storie van 1652 deur 1994 tot vandag.
OUMA OSSEWANIA PRAAT VUIL is weer ‘n ander soort storie. Die ou tannie, Ouma
Ossewania, nou oor die 100 jaar oud, sit en wag vir haar beroemde dogter Evita.
Sy kyk terug op haar lewe met woede. Sy het geglo apartheid was ‘n gawe van die Allerhoogste and nou vind sy uit dat dit nie so was nie. Sy’t haar lewe gemors op ‘n leuen. Nou is dit te laat om met die tuinjong te slaap. Of is dit? Die tuinjong is nou burgermeester!
Ouma Ossewania gebruik haar geliefde Afrikaanse taal met passie en sonder verskonings. ‘Ek vloek nooit as ek praat nie. Net as ek dink. Soos nou!’ is haar verduideliking.
‘Kom sien my voor ek vrek!’
May 2/3/4/5/6 @ 20:00
May 1 / 8 @ 18:00
May 2 / 7 @ 16:00
Ticket prices are R120 and for groups of 20 and more R95 available at Computicket
Please note this production is mainly in Afrikaans with some English
Age Restriction 14 years
Saturday, April 30, 2011
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment